OUDTSHOORN NUUS - In samewerking met die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, plaas die Oudtshoorn Courant gereeld 'n ongewone of interessante woord.
Het jy 'n woord wat jy graag met ons wil deel? Stuur dit gerus na hugo@groupeditors.co.za.
Besoek www.wat.co.za om 'n Afrikaanse woord te borg of te koop.
Hierdie week se woord: swoel b.nw., swoeler, swoelste.
1 (t.o.v. weergesteldheid) Broeiend warm en bedompig: ’n Swoel somersdag. Swoel onweerslug. Swoel, benoude nagte.
Teen drie-uur se stryk besluit ek: “Te hel!”; drink ’n pil; spalk my oop op my bed, want die nag is swoel (H. Aucamp in Kol, Aug. 1968, 29). Die warm, droë wind herinner haar aan die “sirocco”, die swoel Afrika-wind wat soms deur Rome waai en humeure verfraiing (H. de Kock: Vergenoeg, 1986, 63).
2 Sinlik en enigsins wulps: Prinses C. van Monaco lyk nie soos ’n sprokiesprinses nie. Sy is te sensueel, te swoel, te, wel, sexy (M. v.d. Vyver in Kat, Des. 1991, 40).
''Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'