Bykomende ontspanningsgeleenthede is aanbiedings by The Showroom Theatre (Saterdag 8 Augustus – André die hipnotiseur); die NG Kerk-potjiekosaand (7 Augustus) en NG Kerk-basaar (Saterdag 8 Augustus); en die kunsgalery, Prince Albert Gallery, se jaarlikse, baie gewilde 30cmx40cm-kunsveiling (8 Augustus); ’n ‘boules’-braai-en-boereworsroldag ten bate van Prins Albert Dieresorg (9 Augustus); asook ’n aanbieding van Leandie Buys, op Vrouedag (9 Augustus), in The Showroom. Die titel van haar aanbieding is “The secret of the sexes”.
Besprekings: Besoek http://www.paonline.biz/tickets vir aanlyn-besprekings en meer inligting. Faks jou bespreking na 086 243 6462 of skryf ’n e-pos aan winterschool@paonline.biz
Besoek www.princealbert.org.za/forthcoming/winterschool2015 om die volledige program, met kostes en tye, af
te laai.


