CALITZDORP NUUS - Calitzdorp se vyfde Winterfees vind volgende naweek van 14 tot16 Junie plaas. Vanjaar bied die fees 'n vol program wat strek vanaf Vrydagoggend tot Sondagmiddag.
Die middelpunt van die fees is weer by die stasie waar 'n mark met stalletjies, etes, musiek en 'n rits ander aktiwiteite aangebied word.
Maar dit is nie naastenby die hele fees nie. Die dorp se wynkelders en eetplekke het ook geleenthede soos etes, wynproe en vermaak.
Twee boekbekendstellings vind ook op Saterdag by die Tuinateljee in die hoofstraat plaas. Hannes Visser en Marisca Rain tree op met die bekendstelling van Visser se digbundel en die Calitzdorpse skrywer, AnnMaree Fortuin gesels oor haar vier boeke.
Plekke vir albei geleenthede moet vooraf bespreek word. Verskeie etes het ook beperkte sitplekke en besprekings is dus ook noodsaaklik.
Die volledige feesprogram en besonderhede vir besprekings is beskikbaar hier.
Kom begin die winter met 'n hoogskop in Calitzdorp.
Vir navrae oor akkommodasie en ander inligting kontak Calitzdorp-toerisme by 044 213 3775 en tourism@calitzdorp.org.za
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'