Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Wind wat Saterdag by tye byna 100 km per uur bereik het, het groot skade aan eiendomme naby die Swartbergpas aangerig.
By Kobus se Gat het 'n lang muur omgewaai, 'n dak is afgeruk en 'n dieseltenk met 1000 liter diesel is van 'n raamwerk afgeruk.
Op 'n buurplaas is 'n boer beseer toe die wind 'n dak wat hy en werkers probeer red het, afgewaai het.
Verder in die rigting van Matjiesrivier is n kleuterskool op die grond van Swartberg Country Manor in puin gelê.
Die kinders word nou tydelik in 'n leessentrum in 'n kerkgrboutjie gehuisves.
Kyk 'n video hieronder.
Die lang muur en daklose gebou wat deur die wind beskadig is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'