OUDTSHOORN SPORTNUUS - William van Tonder (17), Oudtshoorn-parkrun se rekordhouer vir dié 5 km-pretloop, het Saterdag nog 'n sege agter sy naam geskryf toe hy die 350ste parkrun by Surval-olyflandgoed met 'n tyd van 18 minute 35 sekondes gewen het.
Ulrich Rademeyer was die tweede van die dag se 39 deelnemers met Yaron Venter in die derde plek.
Die 12-jarige Stiaan van Wyk was vierde en Aldeen van der Walt die vrouewenner.
Die tien vinnigste deelnemers was:
- William van Tonder (18;35),
- Ulrich Rademeyer (21:12),
- Yaron Venter (21:47),
- Stiaan van Wyk (24:28),
- Johann Coetzer (26:29),
- Jacques Jacobs (26:56),
- Fanie Olivier (27:35),
- Albertus Kennedy (29:05),
- Aldeen van der Walt (29:12) en
- Alexander van Wyk (29:58).
Aldeen van der Walt
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’