TUINROETE DISTRIKSNUUS - Wiele vir Liefdadigheid bied eerskomende Sondag 6 Junie weer hulle Pote in Nood-veldtog ten bate van Oudtshoorn Dogs in Need (Odin) aan.
Dit maak nie saak waarmee jy ry nie, enige voertuig is welkom om saam te ry - selfs trapfietse.
Voertuie vergader om 11:00 in die parkeerarea voor Engen Eco Stop op die N12 naby Virgin Active waar hulle met die Outeniquapas langs sal ry tot by die Pick n Pay in Voortrekkerstraat, Oudtshoorn.
Van hier sal die konvooi tot by Odin ry. Streng Covid-19-regulasies sal geld.
Enige donasies soos kos, komberse of speelgoed vir troeteldiere is welkom. Donasies kan ook vooraf by Gallie Sweis, Landy World of Terry's Auto afgelaai word.
Kontant bydraes kan direk in Odin se bankrekening inbetaal word.
Vir enige navrae kan Anton by 083 382 4510 of Leigh-Anne by 082 417 6861, gekontak word.
Doen jou deel vir dierewelsyn en sluit eerskomende Sondag aan by Wiele vir Liefdadigheid se Pote in Nood-byeenkoms. Enige donasies van honde- of katkos, komberse, geld of enigiets vir die diere, is welkom. Alles gaan ten bate van Odin.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'