Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Daar blyk onsekerheid te wees oor watter een van die twee insittendes ’n bakkie bestuur het wat vanoggend in ’n botsing betrokke was.
Die Toyota-bakkie het ’n Kia, wat by 'n rooi verkeerslig gestaan het, van agter getref.
Een van die insittendes het aangevoer dat hy die bestuurder was, maar volgens omstanders het die persoon aan die passasierskant uitgeklim en het die ander een bestuur.
Niemand is beseer nie.
Daar kon nog nie bevestig word of dit dieselfde bakkie was wat ’n aantal maande gelede naby die aansluiting van Parkweg en Rademeyerstraat ook in ’n botsing betrokke was nie. In daardie voorval is ’n woonerf se heining en hek beskadig.
Kyk 'n video hieronder:
Die Kia, wat by 'n rooi verkeerslig gestaan het, is van agter getref.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'