OUDTSHOORN NUUS - Leerders van Laerskool Wesbank het die afgelope tyd behoorlik op die sportveld uitgeblink.
Die skool se 1ste dogterstennispan het die Rising Star-tennistoernooi gewen en is ook as streekwenners aangewys. Hulle gaan binnekort in Kaapstad deelneem.
Die skool se 1ste-seunstennisspan het in die derde plek geëindig. In nog tennisnuus is Zerwich Westraad as wenner van die Junior UTR-toernooi aangewys.
Drie tweekampatlete van die skool, Cobie Loubser o.8 (silwer), Callan du Plessis o.11 (brons) en Lily Marais o.8 (brons) het onlangs medaljes by die Highgate Eden-kampioenskappe verower.
Die Raptors Franchise o.12-seunshokkiespan waarvan Laerskool Wesbank se Kean Dalton ook 'n lid is, is as CPL Toernooi 2021-kampioen gekroon.
Die tweekampatlete is van links, Cobie Loubser o.8 (silwer), Callan du Plessis o.11 (brons) en Lily Marais o.8 (brons).
Zerwich Westraad
Kean Dalton
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'