Update Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Vreugdevolle opwinding het op 4 November by Laerskool Wesbank geheers.
Die jaarlikse kaskarwedren, wat al vir die afgelope ses jaar 'n instelling is, het vir hope pret onder jonk en oud gesorg.
Leerders in hul onderskeie grade het teen mekaar meegeding om in aanmerking te kom vir 'n genotvolle prys. Die onderwysers is ook 'n kans gegun om hulle vernuf ten toon te stel.
Die drywers en stoters van die kaskar het met elke rondte geruil en dit was duidelik dat dit nie die eerste keer is wat hulle hieraan deelneem nie.
Die geld wat met die geleentheid ingesamel is word vir die bou van die skool se klubhuis aangewend.
"Die klubhuis was 'n droom wat nou 'n werklikheid geword het, ons het al ver gevorder met die gebou," vertel Waldo Cloete, skoolhoof van Laerskool Wesbank.
Groot pryse was op die spel met die gelukstrekking - waarvan twee televisiestelle was. Die kaskarwenspan sal met 'n fliekdag en springmielies in die skoolsaal bederf word en die onderwyser sal die Vrydag afkry," vertel Cloete.
VIDEO - Kaskar plesier by Laerskool Wesbank:
Leerders van Wesbank sit alles in om te wen. Foto's: Sonia Wahl
Die spannetjie het blitsig die sirkel voltooi.
Vorige artikel: Kaskar plesier by Laerskool Wesbank
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'