Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO – Groot opwinding heers vandag by Laerskool Wesbank. Die jaarlikse kaskarwedren vind vandag plaas.
Hierdie byeenkoms is al deel van die skool vir die afgelope ses jaar.
Leerders in hul onderskeie grade neem teen mekaar deel. Die drywers en stoters van die kaskar ruil met elke rondte en dit is duidelik dat hulle ervare is met dié ruiling.
Die geld wat vandag ingesamel word, word aangewend vir die bou van die skool se klubhuis wat al ver gevorderd is.
"Die wenspan sal met 'n fliekdag en springmielies in die saal bederf word en die onderwyser sal die Vrydag afkry," sê Waldo Cloete, skoolhoof van Laerskool Wesbank.
VIDEO - Kaskar plesier by Laerskool Wesbank
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'