TUINROETE DISTRIKSNUUS - 'n Werkswinkel vir byeboere en belangstellendes word deur die Suid-Kaap Byeboervereniging (SKBBV) en die departement van landbou op 5 Junie by Gourikwa aangebied.
Die dag beloof om vol interessanthede te wees vir beginners en stokperdjie-byeboere. Die werkswinkel is gratis en oop vir almal.
Byeboere word gevra om ook hul werkers saam te bring. Die program sal later bekendgemaak word.
Bespreking is noodsaaklik. Kontak vir Ilse ([email protected] of WhatsApp 083 297 2638).
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'