Volgens Monica Oliphant, die personeelhoof, is hulle nou net mooi keelvol en sukkel hulle al vandat die hotel se deure in 2011 oopgemaak het met die probleem.
Met Oudtshoorn Courant se besoek aan die personeellede het hulle agter 'n geslote hek aan die agterkant van die hotel gestaan en gesê hulle weier om vinniger te werk voor hulle nie betaal is nie. Drie van die werknemers was reeds huis toe.
"Ons ontvang soms eers ons geld teen die 15de van die volgende maand. Ons het skuld wat ons moet betaal en skoolfonds en krag en sulke goed, maar ons word nooit betyds betaal nie. Die bestuurder het ons gedreig en gesê hulle sal sommer skoonmakers kry om skoon te maak en hulle dan betaal. Nou hoekom sal hy dit doen eerder as om ons te betaal wat ons toekoms?" vertel sy.
Heinrich Hildebrand, die bestuurder van die hotel, wou met die werknemers praat, maar was nie bewus van die media teenwoordigheid nie en was ontsteld toe 'n joernalis van 'n ander mediahuis foto's neem.
Hildebrand het gedreig met regsaksies teen die media en het geweier om enige kommentaar oor die voorval te lewer.

23 werknemers van The Pearl of Oudtshoorn Hotel het Dinsdag op 'n "go-slow"-staking gegaan weens die feit dat hulle na bewering hul salarisse en lone hopeloos te laat kry. Foto: Liezl van Niekerk
ARTIKEL: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'