OUDTSHOORN NUUS - Die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV) se Oudtshoorn-tak het in Septem-ber hul 100ste bestaansjaar gevier.
As deel van die vieringe het hulle verskeie kompetisies vir kinders gehou. Volgens Madeleen Potgieter, 'n maatskaplike werker by die ACVV, het hulle nie eerste of tweede plekke gekies nie, maar net die topdrie.
"Ons het 'n fotokompetisie vir kleintjies gehad, by laerskole het ons 'n tekenkompetisie gehad en vir die hoërskool-leerders het ons 'n skryfkompetisie gehad. Dit was regtig so moeilik om die bestes te kies.
Die prentjies en die opstelle wat ons gekry het kon mens duidelik sien was regtig opreg uit elkeen van daai kinders se harte gewees," het sy gesê.
Personeel van die ACVV het verlede Vrydag die pryse aan die kinders oorhandig.
Voor, van links: Cheroline Piedt, Lizomé Krige, Gretchin Apollis, Rolindi Graaff (tekenkompetisie) en Kia Knöll (skryfkompetisie). Agter: Desiré de Vos, Waren Draai, Bridgitte Kruger (fotokompetisie) en Thalita Plaatjies. Afwesig: Anna-Mart Schutte en Jarista Young. Foto: Liezl van Niekerk
Die wenners is as volg:
Fotokompetisie:
- Desiré de Vos
- Warren Draai
- Brigitte Kruger
Tekenkompetisie:
- Gretchen Apollis
- Rolindi Graaff
- Cheroline Piedt
- Lizomé Krige
Skryfkompetisie:
- Thalitha Plaatjies
- Anna-Mart Schutte
- Kia Knöll
- Jarista Young
Die ACVV bedank PNA, Pick n Pay, Watson & Brink Apteek, Beans About Coffee, Santorini's, Absa en Wilgewandel vir hul borgskappe.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'