OUDTSHOORN NUUS - Leerders van gr. RR tot gr. 7 het tot 6 November geleentheid om in te skryf vir 'n kuns- en fotografiekompetisie en 'n aantal pryse los te slaan.
Principia Onafhanklike skool het die kompetisie van stapel gestuur, maar benadruk dat dit vir alle leerders van die groter Oudtshoorn-omgewing en omliggende dorpe is.
"Hierdie projek is om die kinders van die omgewing te bemoedig in die Covid-tyd want daar is min sport en ander pretaktiwiteite. Ons het juis op die tema, Our Beautiful World / Ons pragtige wêreld, besluit om kinders te help om weer te fokus op dit wat goed en mooi is," sê Jaquelene Viljoen, onderwyseres by Principia wat die organiseerder van die kompetisie is.
Leerders kan kunswerke (sketse of skilderye) sowel as foto's wat die tema reflekteer inskryf. Alle werk moet die kind se eie werk wees.
Inskryfvorms kan by Principia-skool op die hoek van Draai- en Noordstraat afgehaal word. Inskrywingsgeld vir die kompetisie beloop R30 per inskrywing.
Inskrywings kan van hierdie week af tot en met 6 November om 14:00 by Principia-skool op die hoek van Draai- en Noordstraat of by die kantoor van Oudtshoorn Courant in Voortrekkerweg afgegee word.
Vir enige verdere inligting of om die inskrywingsvorm elektronies te ontvang kontak Principia per e-pos by admin@principiaprimary.co.za of skakel Jaquelene by 084 256 8084.
Foto: Jaquelene Viljoen
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'