TUINROETE | KAROO NUUS - Dit is weer tyd vir die jaarlikse skoenboksprojek - die 15de jaar wat die uitsonderlike projek plaasvind.
Die projek is uniek omdat die geskenkboks vir 'n spesifieke kind of bejaarde gepak word en dit laat die ontvanger spesiaal voel.
Moenie vergeet om 'n lekkerny in te sluit nie - dit is altyd 'n groot hoogtepunt.
Hoe gemaak?
Vul 'n skoenboks en trek dit mooi oor. Plak dan die naam, ouderdom en die sentrum se naam daarop sodat dit na die betrokke instansie versprei kan word.
Elke ontvanger kry sy of haar verrassingsboks as 'n Kersgeskenk om oop te maak. Die bedrag is R250 per skoenboks ter wille van eenvormigheid.
Mense wat betrokke wil raak, maar nie kans sien om self 'n geskenk aan te koop nie, of dalk te ver bly, kan ook 'n geskenk borg.
Dan word die geskenk namens die skenker aangekoop. Kontak die organiseerders om 'n naam en ouderdom van 'n kind of bejaarde te kry asook waar die skoenboksgeskenk afgegee kan word.
Die afsnydatum vir die skoenboksprojek is Vrydag, 25 November aangesien daar heelwat logistieke reëlings is en kinders reeds aan die begin van Desember uitgeplaas word.
Die instansies vir 2022 is:
- Môreson-kinderhuis, George
- Badisa, George
- Rosemoor-tehuis, George
- Kleine Kuikens-kleuterskool, De Rust
- Mossel Bay Care Centre, Mosselbaai
- Britsevlakte Primêr, Willowmore
- Gert Greeff-tehuis, Willowmore
- Taylder-tehuis, Uniondale
- Helpende Hand, Oudtshoorn
- Huis Triomf-kinderhuis, Oudtshoorn
- Eekhorinkies-kleuterskool, Langkloof
- Herold Laerskool, Herold
Kontakpersone:
- Janine: ninabrandt.pretorius1@gmail.com (sel 083 244 3228)
- Anneline: AnnieOudtshoon@gmail.com (sel 084 703 5000)
- Yolandi Claassens: yclaassens@yahoo.com (sel 083 978 3913).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'