OUDTSHOORN NUUSFLITS - Waterregistrasie van plase is toenemend ‘n nagmerrie vir boere wat ‘n laat-registrasie wil doen, wysigings op ‘n bestaande registrasie wil aanbring of plase wil verkoop, waarvoor ‘n op-datum waterregistrasie nodig is.
Volgens Deon Haasbroek, voorheen van die water-afdeling van die Oudtshoorn-munisipaliteit, wat as konsultant boere help met waterregistrasie, is daar ernstige oponthoude wat die proses vertraag.
Dit lei daartoe dat boere wat hul plase wil verkoop nie met die transaksie kan voortgaan nie.
“Die registrasie van water wat aan plase geallokeer is en so op die koopakte aangedui is, het in 2000 begin en moes al in 2002 afgehandel gewees het,” verduidelik Haasbroek.
“Tot nou toe was sommige boere traag om te registreer, of het aanvaar die oorspronklike inligting soos op die koopkontrak aangedui was korrek, of het intussen besluit om die plaas of te verkoop of op iemand anders se naam oor te dra in die geval van ‘n erflating.”
Haasbroek, wat sedert 2015 voltyds ‘n konsultant is wat boere help om laat-registrasies te doen, of dokumentasie op datum te kry, is hand in die hare omdat die waterregistrasieproses deur verskeie faktore in die wiele gery word.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'