Update
DE RUST NUUS - Die aanlê van 'n waterpyplyn vanaf Nelsrivier na Blomnek by De Rust is pas voltooi. Kontrakteurs het die afgelope drie maande volstoom gewerk om die pyplyn van ongeveer 6 km te voltooi.
Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, is die koste van ongeveer R8,7 miljoen betaal met MIG-fondse wat vanaf die regering ontvang is en wat spesifiek toegeken word vir die aanbring van nuwe infrastruktuur.
Die pyplyn pomp water vanaf 'n pompstasie na die reservoir by Blomnek om water te voorsien indien watervoorsiening aan De Rust onvoldoende is.
Volgens Mangqwengqwe kom die water uit boorgate in die Kamanassieberge sowel as boorgate naby Dysselsdorp. Die water word by 'n suiweringsaanleg in Dysselsdorp behandel en dan na die pompstasie afgevoer vanwaar dit na Blomnek gepomp word. Die pyplyn is deel van die Klein-Karoo landelike watervoorsieningskema. Water word voorsien teen 210 liter per minuut.
Twee kontrakteurs, JDM Drilling van Jeffreysbaai en Meyer Beton van Heidelberg het plaaslike arbeiders gebruik om die pyplyn te lê.
Die pyplyn het vir ongeveer drie maande werks-geleenthede vir plaaslike inwoners geskep.
Klik hier vir verwante artikels:
- De Rust weer sonder water
- Nog 'n terugslag vir De Rust
- Water steeds nie drinkbaar
- Waterkrisis steeds nie opgelos
- De Rust-inwoners kwaad oor water
- De Rust-waterkrisis: Skenkings benodig
- De Rust-waterkrisis: Reën kan dinge vererger
- Waterskenkings stroom in vir De Rust
- De Rust nog tot volgende week in waterkrisis
- Nòg water vir De Rust
- De Rust steeds in waterkrisis
- Opvolg: Waterkrisis in De Rust
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'