DYSSELSDORP NUUS - Daar word tans probleme ondervind met die watertoevoer na sekere gedeeltes van Dysselsdorp.
Dit word toegereken aan ‘n drukverlagingsklep wat foutief is.
Die Munisipaliteit skenk aandag aan die probleem en poog om die toevoer so spoedig moontlik te herstel. Intussen word water met ‘n watertrok versprei in hierdie gedeeltes.
Ons vra verskoning vir die ongerief.
'Ons bring jou die nuutste Dysselsdorp, Klein Karoo nuus'