DE RUST NUUS - Drie waterlose toilette is verlede week aan die kerk by Middelplaas buite De Rust geskenk.
Volgens Jenny Joubert, skoolhoof van Kleine Kuikens, het Susan Delport, 'n afgetrede pediater van Johannesburg die skenking moontlik gemaak.
"Susan het al baie gedoen en laat doen vir die kleingoed van Middelplaas.
Sy het met groot moeite die skenking van die toilette bekom en dit is Donderdag en Vrydag geïnstalleer.
Wat hierdie toilette so ekstra spesiaal maak, is die feit dat dit waterloos werk."
Joubert sê sy wil graag Delport-boerdery vir die gelykmaak van die terrein en die grawe van die drie slote bedank.
'Ons bring jou die nuutste De Rust, Klein Karoo nuus'