OUDTSHOORN NUUS - ‘n Ernstige waterkrisis word tans ervaar op die Klein Karoo Rural Water Scheme en te Dysselsdorp.
Probleme word ondervind met die lewering van die boorgate en dit, gepaard met die verhoogde waterverbruik die afgelope paar dae as gevolg van die hoë temprature het tot gevolg dat die wateraanvraag tans meer is as wat gelewer kan word.
‘n Beroep word op inwoners van Dysselsdorp en die landelike areas gedoen om water uiters spaarsamig te gebruik.
Inwoners word ook weer daarop gewys dat die streng vlak 5 waterbeperkings steeds geld vir hierdie areas, ingesluit De Rust, en dat oortreders beboet mag word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'