Gallery Video
KLEIN KAROO NUUS EN VIDEO - Die South Africa Water Warriors het vanoggend 'n reuseskenking aan die Bongolethu Small Farmers Association gemaak.
Deon Smit, stigter van Water Warriors, sê hulle het kos vir ongeveer 40 huisgesinne gebring, veevoer, buitebande vir die kleinboere se bakkies, klere en geskenke vir die kinders.
Smit sê die vrywilligers het hard gewerk om al die skenkings bymekaar te kry.
"Dis ons laaste uitreik vir die jaar. Dit was 'n harde jaar op baie mense en ons hoop met die skenking kan ons die nood vir die mense verminder."
Fotogalery: Bongolethu Small Farmers Association ontvang skenking van Water Warriors
Albert Nokole, voorsitter van die boerevereniging sê, die kleinboere is geweldig dankbaar vir die skenking.
Kyk 'n video hieronder:
Foto's: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'