LADISMITH NUUS - Inwoners en boere van die Ladismith-omgewing was verheug toe 'n konvooi van 32 voertuie met lewensmiddele Saterdag 10 April, die dorp binnegery het. Die konvooi was een van die talle projekte wat landwyd deur SA Water Warriors van stapel gestuur word.
Die voertuie het vanaf George, die Kaap en Gauteng gekom om water en ander broodnodige lewensmiddele, wat deur vrywilligers geskenk is, af te lewer.
Mense wat enige skenking, hoe gering ook al wil maak, kan hom persoonlik op Facebook kontak of South African Water Warriors se Facebook-blad besoek.
Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
Die terrein waar die voorraad afgelewer is.
Een van die vragmotors wat voorraad na Ladismith geneem het.
Houers met drinkwater word in Ladismith afgelaai. Foto's: Deon Meyer
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'