OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Courant het talle navrae rakende die kwaliteit van Oudtshoorn se drinkwater gekry en ook of dit veilig is om te drink.
Volgens Aurelia Mle, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit is die water wat vanuit die Raubenheimerdam aan die dorp gelewer word tans troebel as gevolg van die goeie reëns wat in die opvangsgebied geval het.
"Die water word ook gereeld getoets en dit is nog steeds veilig om te drink. Die troebelheid sal natuurlik met tyd verbeter," het sy vanoggend in 'n verklaring gesê.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'