OUDTSHOORN NUUS - As gevolg van die reën is water in die Raubenheimerdam effens troebel. Die water in die Melville-dam is heelwat skoner, maar die toevoerpyp vanaf dié dam is nie groot genoeg om aan die algehele behoefte te voorsien nie.
Gevolglik word water van die Melville- en Raubenheimerdam gemeng voordat dit na verbruikers afgevoer word.
Hierdie maatreël blyk susksesvol te wees aangesien water wat die dorp bereik relatief skoon is. Die Raubenheimerdam loop steeds oor soos op die foto aangedui.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’