GEORGE NUUS - Minister Anton Bredell, minister van plaaslike regering, het verlede week aangedui dat ongeveer 'n miljoen liter water na Oudtshoorn gebring sal word om die swem-galas in die dorp te hou. Dit sluit na bewering ook drinkwater vir die gemeenskap in.
Bredell het verlede week, tydens 'n media konferensie by die Kango-grotte, gesê geleenthede soos die swem-galas is 'n finansiële inspuiting vir die dorp.
Die Oudtshoorn Courant het intussen verneem dat dit moontlik meer as 'n miljoen liter water gaan wees.
Na aanleiding van die munisipaliteit se pleidooie om water te bespaar het die Oudtshoorn Courant die week 'n navraag aan die munisipale bestuur, Allen Paulse, sowel as Bredell se kantoor gestuur om te vra hoe waterbesparingsmaatreëls gaan werk met die toename in gaste tydens sportgeleenthede en vakansies.
Daar is ook aan beide partye gevra hoe die drinkwater wat in bottels gaan kom in die gemeenskap versprei gaan word.
Paulse se kantoor het onderneem om vandag antwoorde te verskaf.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'