OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn-munisipaliteit se huidige direkteur van finansies, Gerald de Jager is pas tydens 'n spesiale raadsvergadering aangestel as waarnemende munisipale bestuurder.
Allen Paulse is steeds met verlof hangende die ondersoek wat volg op die Webber Wentzel-verslag waarin hy vermeld word. Reginald Smit het vir ses maande waargeneem en mag nie langer waarneem nie.
Die burgemeester het gesê die aanstelling van 'n waarnemende munisipale bestuurder is uiters dringend.
Die ANC het aangedring dat hulle op rekord geplaas word dat hulle nie die aanstelling steun nie.
Oudtshoorn se waarnemende munisipale bestuurder Gerald de Jager.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'