Hy sal nou vyf dae per week in plaas van drie keer beskikbaar wees," het hy gesê.
Volgens Mangqwengqwe is die pos as munisipale bestuurder reeds geadverteer en het die pos op 26 Augustus gesluit. Die onderhoude sal die maand plaasvind.
Intussen het die vorige waarnemende munisipale bestuurder en direkteur van gemeenskapsdienste, Ronnie Lottering, verlede week bedank.
Lottering is sowat twee maande gelede tydelik uit sy pos geskors hangende 'n interne ondersoek. Die tugverhoor het vroeër die jaar begin, maar na sy bedanking is die verhoor beëindig.