Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die blitsige optrede van die polisie het binne minute na ’n roof gesorg dat vyf verdagtes aangekeer is.
Die Halaal Cafe in Voortrekkerstraat is omstreeks 13:30 deur vyf mans met ’n pistool beroof. Hulle het in ’n wit Mercedes ontsnap en ’n polisievoertuig het hulle agternagesit.
Die Mercedes is in die industriële gebied op die hoek van Gholf- en Tabakstraat voorgekeer.
Een verdagte het weggehardloop en is deur polisielede agternagesit. Hy het oor ’n heining gespring, maar hom met die hoogte aan die anderkant misgis en sy been gebreek.
Fotogalery: Verdagtes vas na roof op Oudtshoorn
Hy is hospitaal toe geneem en die ander vier verdagtes is in die vangwa geplaas. Dit het later geblyk dat die wapen ’n gaspistool was.
Hierdie is die derde winkel wat die afgelope aantal weke beroof is.
Kyk 'n video hieronder:
Die winkel wat vanmiddag beroof is. Foto's Liezl van Niekerk.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'