SUID-KAAP NUUS - Die Outeniqua Skougenootskap bied op Saterdag 26 Augustus om 10:00 ‘n Vroueoggend aan met gasspreker Ina von Brandis.
Dit vorm deel van die jaarlikse George Landbouskou. Von Brandis se tema is, 'Ek het niks aan nie'.
Ook op die oggend se program is die negejarige Kosie Beukes wat gaste gaan vermaak met sy konsertina.
Tee, koffie en verversings sal voorgesit word en elke gas ontvang 'n propvol geskenksakkie.
Kaartjies vir die oggend kos R100 per persoon en is beskikbaar by die skoukantoor of by Susan Willemse, skoukoördineerder by 044 873 4165 of 082 881 3305.
Die oggend word aangebied ten bate van die Phambili-skuiling vir mishandelde vroue. "Ons het verlede jaar ook aan hulle ‘n skenking gemaak en aangesien dit Vrouemaand is, het ons dit goed gedink om hulle weereens te ondersteun," sê Willemse.
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'