OUDTSHOORN NUUS - Shirleen Coerecius (33) is gister deur haar familie by die polisie as vermis aangemeld.
Sersant Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, sê volgens haar familie loop sy soms weg van die huis af, maar kom sy altyd weer terug. Sy woon in Suringhof.
Coerecius is egter al van 6 April af vermis.
Indien enigiemand inligting het oor waar sy haar bevind moet hulle die polisie by 044 203 9000 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'