KAROO NUUS - Die saak teen 'n vrou van Prins Albert wat van moord aangekla word, is Vrydag in die Oudtshoorn-streekhof vir verhoor tot 2024 uitgestel.
Francis Fransina Prins (42) word van moord op Sabiena Daler, ook 42, aangekla.
Die twee was na bewering op 1 Augustus 2019 in 'n woordewisseling betrokke toe die beskuldigde die oorledene met die vuis in haar gesig gestamp het.
Sy is daarna huis toe om 'n mes te gaan haal waarna sy die oorledene verskeie kere gesteek en sy gesterf het.
Streeklanddros Sylvia Mandla het die beskuldigde meegedeel dat sy 'n vonnis van vyftien jaar opgelê kan word indien sy skuldig bevind word en die saak tot 26 Februarie 2024 uitgestel.
Prins is uit op waarskuwing.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’