OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-polisie vra hulp in verband met Elsbeth Lakay (35) wat sedert 2 Julie vermis is.
Volgens Lakay se broer, Llewellyn, het hulle dit op 28 Julie by die polisie aangemeld.
“Ons is vreeslik bekommerd oor haar. Sy het sielkundige probleme en is nie toerekeningsvatbaar nie, al mag dit dalk so voorkom.”
Volgens hom het sy al weg geloop, maar het sy altyd weer vinnig huis toe gekom. Sy het ook twee minderjarige kinders.
Llewellyn sê hulle het inligting ontvang dat sy moontlik iewers op die weermagbasis kan wees.
“Ons het daar na haar gesoek, maar kon haar nie kry nie. Ons wil net weet dat sy ongedeurd is en waar sy haarself bevind. Haar kinders is ook vreeslik bekommerd oor haar,” het hy gesê.
Llewellyn sê sy het met haar verdwyning ‘n wit hemp en pienk baadjie aangehad.
Indien iemand haar opmerk kan lt.kol Mantyi by 082 469 7438 of Llewellyn by 062 355 4164 geskakel word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'