Dit is een van talle ongelukke in en om Oudtshoorn die afgelope paar maande.
Die hoë ongeluksyfer het die Oudtshoorn Courant genoop om die veldtog, WAR (We Are Responsible) te loods om motoriste tot versigtigheid te maan.
In Saterdag se ongeluk was die bestuurder op pad om vir haar broer, wat in 'n plaaslike tehuis woon, te gaan kuier.
Sy het vermoedelik agter die stuur aan die slaap geraak en beheer oor die voertuig verloor.
Sy was gelukkig om met ligte beserings te ontkom toe die silwer Mercedes Compressor waarin sy gereis het, in lang gras langs die pad tot stilstand gekom het. Sy is per ambulans hospitaal toe geneem.
Sers. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het by navraag gesê die polisie ondersoek geen saak nie.
Klik hier vir 'n verwante artikel.

Nooddienswerkers het 'n vrou van George in 'n ambulans na 'n hospitaal geneem nadat sy agter die stuurwiel aan die slaap geraak het en beheer oor die voertuig verloor het. Sy is nie ernstig beseer nie.
ARTIKEL EN FOTO'S: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'