OUDTSHOORN NUUS - Twee vragmotors was 'n paar minute terug in 'n botsing in Voortrekkerweg betrokke.
Met die aankoms van die Oudtshoorn Courant op die toneel was verkeersbeamptes besig om verkeer te reguleer aangesien Voortrekkerweg, op pad na Oudtshoorn vanuit De Rust se rigting, deur die vragmotors geblok word.
Dit blyk dat die munisipale vragmotor vanaf die dorp se rigting gery het en 'n U-draai na regs, terug na die dorp se rigting, wou maak toe die vragmotors met mekaar gebots het.
Niemand is in die ongeluk beseer nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’