KLEIN KAROO NUUS - Daar was gisteraand 'n ongeluk in Meiringspoort waarin die bestuurder van die vragmotor beseer is.
Die vragmotor was in die rigting van Beaufort-Wes onderweg.
Volgens inligting wat Oudtshoorn Courant ontvang het, het die vragmotor appels vervoer.
Die vragmotorbestuurder het hom na bewering met die draai misgis en te vinnig om die draai gegaan waarna die vragmotor omgeslaan het.
Die bestuurder het snywonde opgedoen en is per ambulans na die hospitaal geneem.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'