Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Vragmotorbestuurder het ligte beserings opgedoen toe die vragmotor vanoggend in 'n draai in Meiringspoort omgeslaan het.
Sy passasier is nie beseer nie.
Die vragmotor het 'n vrag lusernbale vervoer.
Die voorval het aan die Klaarstroom-kant by Rooi Uitspanningsdrif gebeur.
Die poort is oop vir verkeer, maar motoriste word gemaan om versigtig te ry aangesien slegs een rybaan van die pad by die toneel oop is.
Kyk 'n video hieronder.
Die vragmotor het 'n vrag lusernbale vervoer.
Die vragmotor het in 'n draai omgeslaan.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'