OUDTSHOORN NUUS - 'n Vragmotor wat met veevoer na George onderweg was, het vanmiddag in Meiringspoort omgeslaan.
Die ongeluk het net voor 14:00 gebeur.
Die bestuurder van die vragmotor kon daarin slaag om self uit die kop van die vragmotor te klim en is met ligte beserings na die hospitaal geneem.
Die poort is nie vir verkeer gesluit nie.
Dit is die tweede vragmotor wat in minder as 'n week in Meiringspoort omgeslaan het.
Met die vorige ongeluk, het 'n tenkwa Dinsdag omgeslaan en meer as 30 000 liter diesel in die Grootrivier laat beland.
Lees meer oor hierdie voorval hier.
Op die ongelukstoneel vanmiddag. Foto's: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'