Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Lede van Oudtshoorn se brandweer is reeds meer as twee ure op 'n toneel waar 'n vragmotor se vrag aan die brand geslaan het.
Volgens die bestuurder van die vragmotor het 'n agterband van vragwa gebars en aan die brand geslaan.
Hy en sy assistent kon daarin slaag om die vrag van die perd af te haak en die perd na veiligheid ry. Teen daardie tyd het al die wiele aan die regterkant va die wa reeds gebrand.
Die brand het vinnig na die linkerkantse wiele versprei en daarna het die vrag in die houer begin brand.
'n Polisievoertuig het die brandweer ontbied.
Kyk 'n video hieronder:
Die brandweer was net na 06:30 op die toneel en het teen 09:00 steeds die brand bestry.
Die vragwa was vol met 22 palette met kruideniersware wat vir Pick n Pay in Oudtshoorn bestem was.
