Update
OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen die voormalige raadslid van die Oudtshoorn-munisipaliteit wat van seksuele aanranding aangekla word, is in die Oudtshoorn-streekhof vir pleit en verhoor tot 25 September uitgestel.
Dit volg op die beskuldigde se besluit om vir regshulp aansoek te doen nadat hy sy voorneme om 'n pleitooreenkoms met die staat aan te gaan laat vaar het en nog 'n regsverteenwoordiger die trekpas gegee het.
Die 40-jarige beskuldigde wat sedert September verlede jaar in aanhouding is nadat sy aansoek om borgtog onsuksesvol was, word daarvan aangekla dat hy sy persoonlike sekretaresse in sy kantoor betas het.
Hy het 'n senior amp in die raad beklee, glo die kantoordeur gesluit en die klaer 'n beter pos aangebied.
Die saak dien voor streeklanddros Sylvia Mandla.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’