OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit se voorlopige 2018/2019-begroting en geïntegreerde ontwikkelingsplan is voorgelê en oop vir kommentaar.
Oudtshoorn se uitvoerende burgemeester, Colan Sylvester, het dit Donderdag 29 Maart tydens 'n spesiale raadsvergadering ter tafel gelê.
Raadslede sal nou twee itemwerksessies en vergaderings in alle munisipale wyke hou om die publiek die geleentheid te gee om insette te lewer.
Die aanbevole kapitale begroting beloop R55,94 miljoen en is as volg uiteengesit:
- Water infrastruktuur: R27,95 miljoen
- Elektrisiteit: R4,36 miljoen
- Sanitasie: R2,7 miljoen
- Vullisverwydering: R2,37 miljoen
- Paaie infrastruktuur: R4,5 miljoen
- Sport- en rekreasiefasiliteite: R6,21 miljoen
- Gemeenskapsprojekte: R1 miljoen
- Ander: R6,86 miljoen
Die operasionele begroting word as R646 229 953, presies 6,79% meer as die derde hersiene 2017/2018 begroting, voorgestel.
Die aanbeveling lees dat elektrisiteitstariewe met 6,84% styg, terwyl watertariewe se verhoging tussen 6,2% en 11,2% kan beloop.
Die verwydering en suiwering van riool is vir 'n 8% verhoging geoormerk, terwyl vullis-verwydering met 10,35% kan styg.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'