So sê kapt. Louis Visser, kommunikasiebeampte van die Oudts-hoorn-polisie na 'n groot uitreik na skoolkinders tydens kinderbeskermingsweek wat vanaf 26 Mei tot 1 Junie gestrek het. Visser sê dat Oudtshoorn se GKS-eenheid (Gesinsgeweld, kindermishandeling, seksuele misdrywe) die afgelope twee weke verskeie skole in die Klein-Karoo besoek het om by kinders 'n groter bewustheid te kweek van die gevare en tekens van seksuele misdrywe waarby kinders betrokke is.
Volgens hom is dit 'n groot uitdaging vir lede om met kinders van enige ouderdom oor seks te praat en die koppeling van die misdaad element daaraan maak dit nog meer ingewikkeld.
Daar is met verskillende graadgroepe wat wissel van voorskool tot gr.12 gepraat. By drie van die skole is die boodskap deur middel van poppekasvertonings oorgedra. Die poppekasvertoning is deur sers. Ron-Marie Boshoff van Uniondale aangebied. Sy het ook die teks van die opvoering geskryf.
Die GKS-eenheid het ook by sommige van die skole "Care Packages" uitgedeel wat bedoel is vir kinders wat slagoffers is van seksuele misdrywe. Die pakkies bevat onder andere skoonmaakmiddels, speelgoed, onderklere en kos en word deur 'n nie-winsgewende organisasie Friends of Our Children aan die polisie geskenk om uit te deel.
Die volgende skole is besoek: Laerskool Uniondale, Dirk Boshoff Primêre Skool, Uniondale Sekondêr, Laerskool Exelcior, Bergsig Primêr, Sacred Heart nasorg sentrum, Vlakteplaas primer, De Rust, Kleine Kuikens Voorskool by Middelplaas, Ladismith Senior Sekondêre Skool, Dorkas Nasorgsentrum en Stolsvlakte Primêr.

Sers. Ron-Marie Boshoff (links) en ao. Wanita de Villiers beantwoord vrae by Uniondale Primêr. Foto's verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'