OUDTSHOORN NUUS - Dario en Carmen Urbanksi van Lategansvlei het gister, 11 Oktober, sokkertoerusting (toks, balle en truie) aan Volmoed Primêr oorhandig wat die paartjie uit Duitsland ontvang het.
Die oorhandiging het in die skoolsaal plaasgevind en is bygewoon deur Tertia Damon (skoolhoof), Rowena Claassen, raadslid Raymond Wildschut (DA) en Marius Gerber (burgemeesterskantoor).
Brendon Lawrence het Johan Allers (speaker) en raadslid Johan Duvenage (albei VF-Plus) verteenwoordig.
Die verrigtinge is afgesluit met 'n sokkerwedstryd tussen twee jeugspanne van Lategansvlei en Volmoed.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’