OUDTSHOORN NUUS - Volkspele is nog lewendig op Oudtshoorn, alhoewel die laer oor die jare gekrimp het.
Volgens Kerneels Bernardo, laerleier van Oudtshoorn, bestaan die plaaslike laer van die Afrikaanse Volksang en Volkspele Beweging reeds dekades in die dorp.
Die laer staan sedert 2000 as die Klapperbos-laer bekend.
"Alhoewel die laer se lede oor die jare heen minder geraak het, onder andere as gevolg van ouderdom van lede, beur die laer steeds voort," sê hy.
Die Klapperbos-laer neem gereeld deel aan saamtrekke in die omliggende streek sowel as in die res van die provinsie. Hulle neem ook elke jaar deel aan die deurnag-marathon in Upington.
Bernardo noem dat alle byeenkomste en saamtrekke in tradisionele volkspele drag plaasvind en hy nooi mense uit om by die laer aan te sluit.
Belangstellendes kan hom by 076 982 7131 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'