Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Vrou is gelukkig om te oorleef na haar voertuig in die kanaal op die Rooiheuwel beland het.
Volgens inligting het sy glo uitgeswaai vir 'n vragmotor wat wou verbysteek. Sy het toe glo beheer oor die voertuig verloor.
Elton Stuurman, 'n ooggetuie sê hy en twee ander mans het haar uit die voertuig gehelp. "Ek het in geklim en haar uit die motor gehelp. Die ander twee mans het haar uit die kanaal uitgetrek."
Sy is glo net lig beseer.
VIDEO - GH Towing trek die voertuig uit die kanaal.
Elton Stuurman
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’