Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Onderwyser wat koelkop gebly het, het gesorg dat leerders veilig is en 'n brand betyds gekeer kon word.
Twaalf leerders en 'n onderwyser was vanoggend omstreeks 09:20 in een van die werkswinkels by Oudtshoorn Vaardigheidskool besig toe 'n groot gashouer aan die brand geslaan het.
Die onderwyser het onmiddelik die vertrek ontruim en met die hulp van nog personeellede daarin geslaag om die vlamme te blus en die gaskan toe te maak.
Die brandweer was binne minute op die toneel en het die gaskan as voorsorgmaatreël natgespuit sodat dit kon afkoel.
Niemand is beseer nie en geen skade is aan die werkswinkel aangerig nie.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'