OUDTSHOORN NUUS - "Danksy die vinnige optrede van die brandweer is die skade aan die winkel minimaal teenoor wat dit kon wees."
So sê die eienaar van Johny's Take aways, Willem Dorfling, na 'n brand Dinsdagaand by die winkel uitgebreek het. Dit is slegs twee weke na twee geboue in Langenhovenweg ook deur 'n brand beskadig is.
Johny's is in Voortrekkerweg in dieselfde gebou as Nissan geleë.
Daar word vermoed dat olie in die braaipan waar die skyfies gepak word die brand veroorsaak het na die krag na beurtkrag weer aangegaan het en personeel reeds huis toe was.
Volgens Dorfling is hy baie dankbaar teenoor die brandweer. "Hulle was voor my op die toneel en het regtig vinnig die brand geblus.
Die winkel het skade, maar dit kon soveel erger gewees het," het hy gesê. Niemand is tydens die brand beseer nie.
Skade binne Johny's Takeaways na 'n brand Dinsdagaand uitgebreek het.
Foto: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'