OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen vier mans van Rose Valley wat van poging tot moord en gewapende roof aangekla word, is verlede week in die Oudtshoorn-streekhof vir verhoor tot later die maand uitgestel.
Fazel Tarenraal, Frank Tiemie, Wayne Menson en Brian Okkers word daarvan beskuldig dat hulle die aand van 18 Mei 2020 op 'n buitelandse spazawinkeleienaar, Berhanu Mathewose, geskiet, hom aangerand en van R2 000 kontant beroof het.
Die saak is vroeër uitgestel weens die moontlikheid van botsing van belange ten opsigte van Okkers.
Die vier se regshulpprokureur, Wenzel Botha, het die hof egter Maandag meegedeel dat die aangeleentheid uitgeklaar is en die verhoor kan voortgaan.
Die saak dien voor streeklanddros Ntsoki Moni en is tot 23 Julie uitgestel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'