OUDTSHOORN NUUS - Vier karatekas het onlangs Oudtshoorn se naam hoog gehou toe hulle goue medaljes tydens die Wes-Kaapse karateproewe in Kaapstad verower het.
Dié vierstuks se uitstekende vertonings het verseker dat hulle ook vir die komende nasionale karate- kampioenskappe van Karate Suid-Afrika gekies is.
Die vier goue medaljeswenners is:
- Sue-Alice Gysman
- Sarah-Jane Lewis
- Sheree Samson
- Geo Bruintjies.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'