KLEIN KAROO NUUS - Vier munisipale amptenare van die Kannaland-munisipaliteit is vandag deur die Valke op klagtes van bedrog in hegtenis geneem.
Volgens kolonel Katlego Mogale, direkteur van prioriteitsmidaadsondersoeke, is die arrestasie deur die Valke se ernstige misdaadspan uitgevoer.
Volgens Mogale het die munisipale bestuurder homself later aan die Valke oorhandig.
Die direkteur van korporatiewe dienste, Hendrick Barnard, die voormalige hoof van finansies, Nigel Delo, die munisipale bestuurder, Morné Hoogbaard en die menslike hulbronbestuurder, McGrandile Makier, het vandag in die Ladismith-landdroshof voorgekom. Hulle is almal op borgtog van R15 000 vrygelaat.
Daar word beweer dat hulle die munisipaliteit uit meer as R338 miljoen bedrieg het en hulself verryk het deur bedrieglike aanstellings in senior poste te maak.
Die maatskappy wat deur een van die amptenare besit word, het ook voordeel getrek terwyl die eienaar vir die munisipaliteit gewerk het.
Hulle sal weer op 26 Januarie 2022 in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'