Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Vyf mans, gewapen met ‘n vuurwapen en messe, het vanoggend omstreeks 01:15 die Rainbow-vulstasie (op die pad na George) beroof.
Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie het vyf mans die vulstasie genader en tot in die winkel gekom waar hulle twee werknemers aangehou het.
Hulle het ‘n onbekende bedrag kontant gesteel, asook voorraad wat in die winkel was.
Dit blyk dat een van die werknemers onraad vermoed het toe die vyf mans na die winkel toe gestap het.
Die werknemers het toe die winkel se skuifdeure toegemaak en die noodalarm geaktiveer om die sekerheidsmaatskappy te ontbied.
Die mans het egter daarin geslaag om die winkeldeure oop te maak, waarna hulle die werknemers gedreig het en hulle vasgemaak het,
Hulle het te voet in die rigting van die stasie gevlug.
Die rooftog is op ‘n sekerheidskamera in die winkel vasgevang en deur Crimewatch op Facebook versprei:
'n Skermgreep van die video.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'